Local newsSport

Nigel Rugbyklub bring stadion in gereedheid vir die nuwe seisoen

Met geverfde pawiljoene, herstelheinings en ‘n opgeknapte veld, is Nigel Rugbyklub gereed om in 2026 sterk terug te keer na verskeie ligas en toernooie.

Die Nigel Rugbyklub is besig om groot veranderinge aan te bring, en teen 2026 sal die klub baie beter daarna uitsien, gereed om die skares te verwelkom.

Na jare se oogseer van geroesde pawiljoene, ongeverfde geboue en stukende staaldraad heinings, ondergaan die John Vorster Stadium nou opkanppingswerk.

Die pawiljoene word geverf en die heinings herstel, sodat die stadion weer soos ‘n splinternuwe fasiliteit sal lyk.

Die oop pawiljoen word ook oorgeverf.. PHOTO: Foto: Verskaf

Die opknapping word moontlik gemaak deur bydraes van verskeie maatskappye, en die verfwerk word behartig deur onder andere Comfort Fuels, Kenny Wilkinson en Krystle Wilkinson.

Nie net kry die pawiljoene aandag nie, maar die veld self word ook deeglik voorberei om gereed te wees vir die komende seisoen.

In 2026 sal Nigel Rugbyklub ‘n heel ander voorkoms hê, gereed om aan verskeie ligas, kompetisies en toernooie deel te neem.

Nigel se hoop pawiljoen is tans besig om ‘n nuwe baadjie te kry. PHOTO: Foto: Verskaf.

Die klub het se eerste oefeninge skop af van 11 tot 27 November en die jaarlikse rugbydag is geskeduleer vir 7 Maart 2026.

Spelers wat by die klub wil aansluit, kan Frans Peers kontak by 073 558 3785 vir meer inligting.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button