HEIDELBERG
• 21 November
Die Suikerbos Aftreeoord se jaareindfunksie vind om 10:00 plaas met die gaskunstenaar, Chris Coetzer (een van die 3 Tenore). Die toegang is gratis vir inwoners en R80 per persoon vir besoekers.
• 28 November
Inwoners van die Suikerbos Aftreeoord, Freemanstraat 2, gaan heerlike pannekoeke bak en verkoop. Bestellings kan reeds geplaas word deur 016 349 5180 te skakel.
• 5 Desember
Die Suikerbosoord Aftreeoord se Kersprogram met die Elkana Koor vind plaas om 10:00 Almal is welkom, maar moet bevestig by Rina (016 349 5180) teen 1 Desember.
ALGEMEEN
• Die Plaashuiswinkel in Begemansstraat 40 hou elke Saterdag van 08:00 tot 13:00 ’n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig nie. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.
• Heidelberg Meander vind plaas elke eerste Saterdag van die maand van 08:00 tot 14:00 en sluit in: kuns in die park by die Erfenismuseum, motorhutverkope en markdag by die Plaashuiswinkel, erfenistoere en die Painted Drums-buiteluggalery. Vir meer inligting, kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420. Om ’n Heidelberg-erfenistoer te bespreek, kontak Tony Burisch by 072 460 9663.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaakgroepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp-groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5 km-roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebook-blad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ’n Bingo-oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ’n “Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel”-middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ’n pannekoekfondsinsamelingsdag. Indien iemand wil help, kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Woensdagoggend om 09:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
NIGEL
• 21 November
Die NG Moedergemeente Nigel bied hul Kers-, Vers-, en Melodieaand aan om 18:30 met die Albertonse Mannekoor as gaskunstenaars. ‘n Ete sal vanaf 16.30 bedien word. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, Kerkstraat 94 vanaf Maandae to Vrydae (8:15 tot 12:30). Vir navrae skakel vir Ansa Kuter by 069 458 2235.
• 4 tot 6 Desember
Die NG Kerk Nigel-Oos hou ’n Kersmark. Marktye is 4 en 5 Desember van 16:00 tot 21:00 en 6 Desember van 08:00 tot 12:00. Kontak Maryke Jonker by 061 507 5071 vir meer inligting.
• 23 November
Die Evangelies Gereformeerde Kerk bied ‘n gratis Kerssangdiens aan saam met Piet Smit. Die kerk is op die hoek van Vierdelaan en Standardstraat en begin om 18:00. Almal is welkom.
GENERAL
The Springs/Nigel WESSA branch and Friends of Marievale Nature Reserve meet every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333, or email [email protected]
• The Nigel SPCA has expanded its charity shop. They sell a variety of items and invite everyone to browse through all the great goodies and clothing. The shop is at 1 Spaarwater Road, Nigel. Contact Angela Morris at 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na [email protected]



