Local newsSport
Hoër Volkskool leerder gekies vir Dream Team netbalspan
Na vyf naweke van intense kompetisie het Arné van Tonder se vaardighede in die Tshwane Prime League haar ‘n plek in die o.19 Dream Team besorg.
Die Hoër Volkskool leerder en talentvolle netbalspeler, Arné van Tonder, is onlangs gekies vir die gesogte Dream Team.
Gedurende Oktober het sy oor vyf naweke by die Tuks Universiteit in Pretoria deelgeneem aan die TPL (Tshwane Prime League) netbalreeks.
Altesaam het 10 spanne in die o19-afdeling aan die toernooi deelgeneem.
Arné het vir die Northern Angels span gespeel en was ook kaptein van die span.
Die Northern Angels het vyfde in die liga geeïndig en na afloop van die toernooi was die o19-Dream Team aangekondig.
Dié span bestaan uit die sewe beste spelers waar elkeen in hulle eie posisie uitgeblink het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



