Brande en verwoesting inspireer wenfoto’s by Heigeld Fotoklub
Die jaar se laaste klubbyeenkoms het uitgestaan met sterk inskrywings, kreatiewe temas en talentvolle wenners.
Die lede van Heigel Fotoklub, wat inwoners van Heidelberg en Nigel insluit, het op 12 November hul laaste vergadering van die jaar bygewoon.
Die voorsitter, Dawie de Villiers, het die gaste verwelkom en gemeld dat die klub gedurende die jaar gegroei het met nuwe lede en pragfotos wat elke maand ingeskryf is.
Vir November se byeenkoms is 44 foto’s ingeskryf.
Die voorgeskrewe tema vir die maand was Brande en verwoesting.

Die wenners was:
Voorgeskrewe tema wenner: Putting out the Fires deur Eugene Viljoen.
Beste algemene foto: Prickly Beauty deur Michelle van Niekerk.
Beste junior foto: Blue Eyes Goose deur Heinrich van der Merwe.
Die voorgeskrewe tema vir Januarie is Tafelblad – Stillewe.
Persone wat meer inligting oor die klub wil bekom kan vir De Villiers by 084 600 5765 kontak.




