Local newsSchools
Jong leerder blink uit met Spiderman-skets
Die talentvolle jong kunstenaar van Nigel het met ’n A+++ en ’n sertifikaat van sy skool weggestap.
Christiaan Visser (7), ‘n jong leerder verbonde aan Laerskool Tini Vorster woeker behoorlik met sy talente.
Hy het in September aan die Talento Arts Eisteddfod in Nigel deelgeneem, waar hy in die sketsafdeling meegeding het.

“Christiaan se superhero is Spiderman en het in sy eie manier die skets laat lewe kry,” vertel sy ma, Anushka Visser.
Christiaan het uitstekend gedoen en ‘n A+++ (95%) vir sy kunswerk behaal.

Op 4 November is hy met ’n sertifikaat deur Laerskool Tini Vorster vereer vir sy uitmuntende prestasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



