Local newsSport

Gure weer knip toernooi kort

Spanne en ondersteuners geniet uithaler sewesrugby-toernooi

Die gure weer wat verlede Saterdagmiddag kop uitgesteek het, het ‘n demper geplaas op die Panne Sewes-toernooi by die Brakpan Rugbyklub.

Om die veiligheid van spelers en ander betrokkenes te verseker, kon die uitspeelrondes nie voltooi word nie.
Die poelwedstryde is egter betyds afgehandel, en die uitslae is op grond daarvan bepaal.

Mlungisi Kunene wat vir Brakpan se Wit Boxer-span in aksie was. Foto: Manie du Plessis

Uit die 12 deelnemende spanne, naamlik Boxers Wit (Brakpan), Boxers Groen (Brakpan), Heidelberg, Vereeniging, Springs, Nigel, SA All Stars, WACP, Bomb Squad, Mavericks, Gauteng All Blacks en Boksburg, was daar uiteindelik ná die poelwedstryde agt spanne wat bo uitgekom het op die logpunte.

Die spanne was: Boxers Groen, Vereeniging, WACP, Nigel, SA All Stars, Mavericks, Springs en Boksburg.

Johan Brits het alles gegee op die veld vir Brakpan se Wit Boxers-span. Foto: Manie du Plessis

Brakpan se Groen Boxers-span, wat nie een wedstryd in die uitspeelrondes verloor het nie, het as algehele wenners met die trofee weggestap.\Frikkie Bosman, voorsitter van die klub, het gesê die ondersteuning vir die dag was buitengewoon en dat die toernooi, ten spyte van die weer wat nie saamgespeel het nie, ‘n groot sukses was.

“Die spelers van die twaalf spanne wat ingeskryf het, het met ‘n positiewe gesindheid opgedaag en uithaler-sewesrugby is gespeel in die tyd wat vir ons gegun is,” het Bosman gesê.

Brakpan se Groen Boxer span het die Panne Sewes-toernooi gewen. Foto: Manie du Plessis

“Ondersteuners en belangstellendes het in groot getalle opgedaag om ‘n dag van gesonde rugby te geniet.

“Geen moeite is ontsien om die toernooi seepglad te laat verloop nie en dit is net jammer dat die weer ‘n rol gespeel het. Ons kan terugkyk op ‘n baie opbouende en positiewe jaar, en sien uit na 2026,” het Bosman mee afgesluit.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button