Local news

Kersboodskap word deur bekende koor aangebied

Elkana koor dra optrede aan Elsa van Niekerk op.

Suikerbos Aftreeoord het op 7 Desember hulle laaste opvoering vir 2025 gehad.

Dit was gepas dat die Elkana Koor die jaar se opvoerings afgesluit het met ‘n kersprogram.

Elsa van Niekerk-Massein. PHOTO: Eugene Viljoen

Jannie Kotze (Suikerbos Aftreeoord-bestuurder) het die verrigtinge geopen en voor die program begin die nuus aan die gehoor meegedeel dat Elsa van Niekerk-Massein (89) op 5 Desember oorlede is.

Sy was vir jare die koorleier en het in 2023 die tuig neergelê.

Jannie Kotze (Suikerbos Aftreeoord-bestuurder). PHOTO: Eugene Viljoen

Elsa was ‘n inwoner van Suikerbos Aftreeoord vir amper 30 jaar waarvan sy vir jare koorleier was en die koorgebring het tot waar hulle vandag is.

“Ons gaan die optrede aan Elsa en haar familie opdra en alles was sy ons geleer het vorentoe dra. Dit is van pas dat die koor juis vandag moet optree om eer aan Elsa te bring” het Kotze gesê.

Die koor het verskeie Kersliedere gesing het onder leiding van koorleier, Elmarie Grobler.

Die koorleier is Elmarie Grobler. PHOTO: Eugene Viljoen

Verskeie verse uit die Bybel was ook aangehaal om die ware gees van Kersfees oor te bring.

Met die afsluiting van die program het Charmaine Crous ‘n inspirerende dans voorgedra. In die dans het Charmaine die Christuskind uitgebeeld.

Die Elkana Koor. PHOTO: Eugene Viljoen

Na die vertoning het die gaste saam gekuier oor ‘n beker koffie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button