Local newsSport

Goeie vangs by Balfour Hengelklub se laaste kompetisie van die jaar

Balfour Hengelklub laat hul lyne natword in jaareind kompetisie.

Balfour Hengelklub het hul laaste uitstappie vir 2025 op ’n hoogtepunt afgeluit toe 24 hengelaars 60 visse met ‘n gewig van 35.344kg ingekatrol het.

Die kompetisie het by Biermans langs die Vaaldam plaasgevind.

Ingrid Kriel by die visse in haar net. PHOTO: Verskaf.

Die beste hengelaars vir die dag was:

Seniors: Eerste: Bennie Kriel 10 visse (6.530kg), tweede: Theunis Botha vier visse (3.776kg) en derde: Lukas Stoltz vyf visse (2.042kg).

Dames: Eerste: Ingrid Kriel vier visse (2.141kg), tweede: Darell Roos vier visse (1.219kg) en derde: Liza Goosen drie visse (0.744kg).

Juniors: Eerste: Kallie Kriel vier visse (3.219kg), tweede: Arno Pretorius 4 visse (1.285kg).

 Bennie Kriel hurk by visse wat gevang was. PHOTO: Verskaf.

Swaarste karp: Theunis Botha (2.103kg).

Swaarste graskarp: Kallie Kriel (0.207kg).

Swaarste baber: Johan Goosen (1.312kg).

Swaarste geelvis: Bennie Kriel (10.557kg).

Kallie Kriel by visse wat hy gevang het. PHOTO: Verskaf

Die volgende kompetisie gaan op 3 Januarie by Draaifontein, Vaaldam plaasvind.

As enigeen meer wil weet of deel van die klub wil wees kontak Lukas Scholtz by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button