Local news

Volkskool se hoofmeisie skitter as top-13-finalis in Sarie se Matriekrok 2025

Haar goue-geel rok en onvergeetlike aankoms op haar perd het almal se aandag gesteel.

Hoër Voolkskool se 2025-hoofmeisie, Karin Venter, is as een van die finaliste in Sarie tydskrif se gewilde Matriekrok 2025-kompetisie aangekondig.

Karin het nadat sy vir die kompetisie ingeskryf het eers ’n plek onder die top 30 verwerf. Sy het daarna nóg beter gevaar en is nou een van die top 13 finaliste.

Die top 30 finaliste van die tydskrif se matriekrok-kompetisie is deur middel van openbare stemme gekies en Karin is tans een van die deelnemers met die meeste steun.

Die wenner van die Sarie Matriekrok-kompetisie word in Januarie aangekondig en sal in die tydskrif gepubliseer word.

Karin het op 17 Oktober groot indruk gemaak toe sy in haar treffende goue-geel rok by die matriekafskeid op die rug van haar perd Bjorn opgedaag het. Haar metgesel was Henroux Moll.

Die matrikulante het tradisiegetrou op Volkskool se sportvelde aangekom, vanwaar hulle na die finale bestemming vir die aand se verrigtinge vervoer is. Haar aankoms in die asemrowende rok het dadelik die aandag van almal getrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button