Heigel Fotoklub wys sy junior foto wenners aan vir 2025
Persone wat meer inligting oor die klub wil bekom kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 kontak.
Die Heigel Fotoklub, met lede uit Heidelberg en Nigel, het deur die jaar maandeliks hul beste foto’s ingestuur vir beoordeling.
Die inskrywings is in verskeie kategorieë beoordeel, met toekennings vir junior wenner, algehele wenner en tema wenner.
Die junior wenners se foto’s van Januarie tot November was:

Januarie: Swartriet Sonsondergang deur Elize Botha.

Februarie: Jong luiperd deur Hannelie Jacobs.

Maart: Dis vêr ondertoe deur Anke de Villiers.

April: Geen junior wenner aangekondig nie.
Mei: Fungi in die bos deur Anke de Villiers.
Junie: Tonnelvisie deur Anke de Villiers.
Julie: Nan Hua Temple deur Heinrich van der Merwe.
Augustus: Vanished Grace deur Heinrich van der Merwe.

September: Fotograwe op die berg deur Anke de Villiers.

Oktober: Ou Tye deur Anke de Villiers.

November: Blue Eyes Goose deur Heinrich van der Merwe.




