Local newsSchools

Gekombineerde Skool Balfour vier suksesvolle 2025 matriekjaar

Na ’n goeie 2025 matriekjaar met ’n 91,5% slaagsyfer, maak die Gekombineerde Skool Balfour gereed om hul 70-jarige bestaan tydens die Balifees te vier.

Gekombineerde Skool Balfour het ’n suksesvolle 2025 matriekjaar beleef deur ’n algehele matriekslaagsyfer van 91.5% te behaal.

Die uitslae toon dat 45% van die kandidate vir ’n Baccalaureusgraad gekwalifiseer het, terwyl 26% universiteitsdiplomas en 20% hoër sertifikate behaal het.

In totaal is 27 A-simbole en 68 B-simbole in die finale uitslae verwerf.

Die skool se top presteerder was Mohammed Vanka, wat vyf onderskeidings behaal het. Sy finale punte was: Engels Huistaal 81%, Afrikaans FAL 68%, wiskunde 79%, lewensoriëntering 88%, CAT 80%, besigheidstudies 92% en rekeningkunde 93%.

• Op 28 Februarie sal Balfour Gekombineerde Skool hul jaarlikse Balifees aanbied, wat saamval met die skool se 70-jarige herdenking.

Enigiemand wat meer inligting oor die herdenking of Balifees verlang, kan Judith Sides by 076 415 6604 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button