Local news

Heigel Fotoklub bekroon Julie-fotokompetisie se wenners

Drie fotograwe is vir hul uitstaande inskrywings tydens Heigel Fotoklub se jongste kompetisie bekroon.

Die Heigel Fotoklub het op 12 Augustus sy gebruiklike maandelikse vergadering vir Julie gehou, waartydens fotograwe se beste inskrywings bespreek en die wenners aangekondig is.

Die klub is gestig vir fotograwe in die Heidelberg- en Nigel-omgewing wat hul fotografievaardighede wil ontwikkel, hul werk met ander fotograwe wil deel en aan kompetisies wil deelneem.

Die voorsitter Dawie de Villiers het die vergadering met ’n verwelkoming geopen. Daarna is die sowat 30 foto’s wat vir die Julie-kompetisie ingeskryf is deur die beoordelaars bespreek en die beste foto’s is aangewys.

Die beste junior wenfoto, Veertjie op ’n Stokkie is deur Rienie van der Walt geneem.
Foto: Rienie van der Walt

Die voorgeskrewe tema vir Julie was “Cityscapes”, terwyl lede ook foto’s in verskeie ander kategorieë kon inskryf. Dit sluit onder meer natuur, voëls, ope, portrette, swart en wit, sport en joernalistiek, asook geboue in.

Michelle van Niekerk het met haar foto Rush Hour Blue die voorgeskrewe kategorie gewen. Die toekenning vir die beste algemene wenfoto het aan Heinrich van der Merwe gegaan vir Misty Sunset, terwyl Rienie van der Walt as die beste junior wenner aangewys is met Veertjie op ’n Stokkie.

Die voorgeskrewe tema vir Augustus is makrofotografie.

Michelle van Niekerk het die voorkeskrewe katrogorie gewen met Rush Hour Blue.

Die klub bied ook geleenthede vir fotograwe om hul kennis en vaardighede verder te ontwikkel.

’n Portretfotografie-werkswinkel word op 13 September by die Ou Tronk in Ueckermannstraat aangebied. Die werkswinkel sal deur Eugene Viljoen aangebied word.

Enigiemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, meer oor fotografie te leer of hul fotografievaardighede te verbeter, kan vir De Villiers by 084 600 5765 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button