Oud HOK-studente gons oor Laer Volkskool museumuitstalling
Oud-studente van regoor die land kom bymekaar om memorabilia op te spoor en te deel.
Oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) van regoor die land gons oor die museumuitstalling by Laer Volkskool, en kom selfs bymekaar om memorabilia op te spoor.
Onlangs het ‘n paar oud-studente vanuit die Vaaldriehoek bymekaargekom om die uitstalling en die opkomende 60-jaar reunie in 2027 te bespreek, en sommige memorabilia is na die vergadering gebring.

“Almal sien uit na die reunie wat beplan word, en daar is baie opgewondenheid oor die plasings op die Facebook-blad. Die reaksie deur kinders van oud-studente en dosente begin lewendiger word,” sê Susan du Plessis, wat betrokke is by die uitstalling en die reël van die reunie.

Die museum by die skool het ook fondse gekry om die uitstalling reg te kry vir die reunie op 20 Maart, 2027.



