Heidelbergse Onderwyskollege se bus, Salani het ‘n reik geskiedenis
Die Heidelbergse Onderwyskollege onthou hul getroue vervoer, 'n bus met die naam Salani.
Soos die oud-studente van die Heidelbergse Onderwyskollege (HOK) terugkyk op gebeure en tradisies in die aanloop tot hul 60-jaar-reünie in 2027, bly die aankoop van hul eeerse voertuig ‘n groot hoogtepunt.
Die kollege se eerste voertug is in 1960 aangeskaf, ‘n bus wat deur die studente as Salani gedoop is.
Die bus was vir sewe jaar in gebruik tot 1967, toe die kollege gesluit is, waarna dieur Meyerton se Hoërskool Dr Malan oorgeneem is.

Die bus het vir baie jare skoolkinders vervoer, en is later met uitsaaigeriewe toegerus om by sportbyeenkomste te gebruik.
Nog in die HOK se besit is die bus gebruik om studente te vervoer na interkollege byeenkomste, en op die pad is daar gereëld saamgesing oppad na ‘n byeenkoms toe.

Op pad terug is ‘n ander storie, en het sommige studente wat uitgepit was ‘n slapie probeer vang.
“Probeer” is die towerwoord, want diegene wat nog wakker en vol energie was het nie geskroom om poetse te bak teenoor die slapende passasiers nie.
Een van die groot gebruike van die bus was om leerders van plaaslike skole te vervoer na die kollege vir demonstrasie-lesse.

Die lesse was deur dosente, onderwysers en uitgesoekte studente gegee om aan eerstejaars te wys hoe skool gehou moet word.
Die demonstrasie-lesse is gehou in ‘n modelklaskamer wat klankdig was, met studente wat vanuit ‘n waarnemingskamer kon toekyk sonder dat die leerlinge weet hulle word waargeneem.




