LettersOpinion

Klippies in my skoen

Swieg se klippies in sy skoen is Afrikaner. Almal praat vandag nog van die Afrikaner, maar bestaan daai geslag nog? Steve Hofmeyr sing “Die Stem” (wat ‘n FAK lied is), oor hy sê dat hy ‘n Afrikaner is en word byna gekruisig. Ek kyk Sondagaand ‘n fliek, “Die Kandidaat” van 1968 op KykNet, en was …

Swieg se klippies in sy skoen is Afrikaner. Almal praat vandag nog van die Afrikaner, maar bestaan daai geslag nog? Steve Hofmeyr sing “Die Stem” (wat ‘n FAK lied is), oor hy sê dat hy ‘n Afrikaner is en word byna gekruisig. Ek kyk Sondagaand ‘n fliek, “Die Kandidaat” van 1968 op KykNet, en was omtrent geskok. Hierin speel die mees bekende gesigte in die teater en rolprent bedryf van daardie jare.
Die fliek gaan oor ‘n jong Roelf Jacobs, wat vir ‘n onderhoud as bestuurder gaan, by ‘n Afrikaner organisasie. Hy voel dat die manier waarop gewerk word, verkeerd is en maak nuwe voorstelle en hier begin die moeilikheid. Die voorsitter is Gert van den Bergh wat sukkel om die lede van sy raad te beheer. Die groot probleem hier is Cobus Rossouw, wat met verdagmakery, elke lid op die raad bykom, oor iets wat hy of sy gedoen het, wat nie stryk met Afrikaner beginsels nie. Op die raad sit onder andere, bekendes soos Jacques Loots, Tromp Terreblanche en Mari du Toit. Verder speel Don Leonard, Anna Cloete en ‘n baie jong Regardt van den Bergh, toe hy nog ‘n haardos gehad het, ook in die fliek. Teen die einde stel Roelf nie meer belang in die werk nie en sit die Raadslede, verslae en geskok oor al die geraamtes in elkeen se kas.
Was die Afrikaner nie maar net die wit gesig, Afrikaanssprekende, wat na 1994 ophou bestaan het nie of het daai geslag al vroeër uitgesterf? Waar is die dae toe al die kinders FAK liedjies geken het en en gesing het? Wat het van die Voortrekkers by die skole geword? Wanneer het Volkspele uitgsterf, waar jy net wou “tiekie draai”. Almal braai deesdae vleis, so dis nie meer eie aan Afrikaners nie. Waar is die Afrikaners wat leiding geneem het in ons dorpe op die Stadsrade, kultuurverenigings, kerkrade en vele meer. Al waarvan ek weet is, die Afrikanerbond waarvan daar takke in Heidelberg en Nigel is. Ongelukkig is hulle nog meer geheim as die ou Broederbond. Mens hoor van niks wat hulle doen of bereik nie. Ek is seker geen jongmens is by hulle betrokke nie. Hoekom sal mens wil betrokke wees? Die ergste vir my is die klomp ou mans, wat nogal elke jaar honderde rande betaal om deel van die organisasie te wees. Ai, oud word is nie vir sussies nie.
Ek het al die woorde van ‘n ou volkspele liedjie vergeet, maar dit gaan min of meer so: “Afrikaners is plesierig dit kan julle glo, hulle hou van partytjies en dan maak hulle so.” Ja, partytjie hou, dit kan hulle.” Die mans het almal pense wat oor hulle broeke hang. Die vroue is twee keer groter as die een met wie jy getrou het. Hulle jaag in die strate met hul “double cab” bakkies, met geen respek vir ander padgebruikers of voetgangers nie. Hulle het geen smaak vir kleredrag nie. Om nie eers te praat van kerkdrag nie. Sondae lyk dit soms of hulle nog Saterdagaand se partytjie klere aanhet. Dit is tragies dat ondanks die groot verskeidenheid goeie reukweermiddels, baie mans ruik asof hul nie toegang tot lopende water het nie. Vra maar by die kleuterskole, die Afrikaanssprekende blanke kind kan jou vloek in tale wat jy nog nooit gehoor het nie. Ekskuus, wag maar tot die pa of ma lostrek. Ons het nie meer klas nie.
Ek wens een van julle wil R1000 skenk vir ‘n kompetisie sodat ons kan hoor wie of wat ‘n Afrikaner is of was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button