Local sportSportUpdate

Japie bult sy spiere by H & H Classic liggaamsbou- en fiksheidskou

Plaaslike liggaamsbouer Japie van Wyk het spiertiere van regoor die land uitgestof deur die afdeling vir mans o/80 kilogram by die H & H Classic liggaamsbou- en fiksheidskou te wen.

Die kompetisie het op 19 Julie by Victory Life Kerk in Annlin, Pretoria plaasgevind.
Japie sê hy oefen al sedert verlede jaar kliphard vir die kompetisie en volg die afgelope 20 maande ‘n streng dieët wat bestaan uit hawermout, eiers, broccoli, steak en hoender. Hy was vol lof vir Hennie Kotze, sy afrigter van Pretoria, wat hy meen ‘n deurslaggewende rol gespeel het in sy ontwikkeling as liggaamsbouer oor die afgelope jaar.
Japie het tydens laasgenoemde kompetisie ook gekwalifiseer vir die Arnold Sports Festival (voorheen bekend as die Arnold Classic) wat tussen 26 en 28 September in Madrid, Spanje plaasvind. Laasgenoemde kompetisie is deel van ‘n multi-sportsoort konvensie wat vernoem is na die Hollywood legende en liggaamsbouer Schwarzenegger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button