Local sportSport

Talentvolle jeug dring deur na nasionale kampioenskappe

Hul talent op die dansvloer het gemaak dat beoordelaars kennis geneem het van twee plaaslike dansers.

Hul talent op die dansvloer het gemaak dat beoordelaars kennis geneem het van twee plaaslike dansers.
Catherine Jeremias (11) en Rina Stapelberg (45) verbonde aan Give It a Go, is vanjaar in die Gautengse Line Dance span ingesluit wat aan die nasionale kampioenskappe in Durban later vanjaar gaan deelneem.
Die beoordelaars het Catherine as die algehele wenner in die Starter Junior Teen afdeling aangewys wat haar ‘n goue medalje verseker het tydens die Gauteng Step-up Line kompetisie. Rina het ‘n silwer medalje in die Starter Open afdeling verower.
Hul prestasies het albei ‘n plek in die Suid-Afrikaanse Line Dancing kampioenskappe verseker wat later die jaar in Durban sal plaasvind.
Dansers wat tydens die nasionale kampioenskappe onder die top drie van elke afdeling eindig, kwalifiseer om aan die Internasionale Line Dance kampioenskappe deel te neem in Amerika aan die einde van die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button