Local sportSport
Oud-Nigeliet raap derdeplek in Oostenryk op
Suid-Afrikaanse tienkampatleet Willem Coertzen het weer sy staal in Oostenryk gewys toe hy op 30 en 31 Mei die Afrika- en SA rekord tot 8398 punte verbeter het.
Die 32-jarige oud-Nigeliet het die Suid-Afrikaanse atletiekseisoen misgeloop nadat hy ‘n besering tydens ‘n oefensessie opgedoen het.
Hy het egter tydens die atletiekbyeenkoms in Götzis derde geëindig en in drie van sy 10 items beste tye en afstande aangeteken. Sy vorige SA rekord was 8343 punte.
Die Duitse atleet Kai Kazmirek het die byeenkoms met 8462 punte gewen en Michael Schrader was tweede met 8415 punte. Willem mik nou vir ’n plek op die podium tydens die Wêreldkampioenskappe wat in Augustus in Beijing plaasvind.
(Foto’s met vergunning van Willem se ouers)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




