Local sportSport

Nigel lewer skitterrugby tydens tuiswedstryd

Soos verwag, was daar weer kookwater rugby op die spyskaart toe Nigel Rugbyklub en East Rand United mekaar op 20 Junie die stryd by John Vorster Stadion aangesê het.

Pragtige, hardloop rugby was aan die orde van die dag en al die spanne het vir naelbyt vertonings gesorg.
In die eerste kragmeting van die dag het die o/21-span hul spiere gebult en die opposisie van die afskop af onder druk geplaas. Drieë is deur Leon Jordaan, Juan Booysen, Luhan Groenewald en Jakobus Lotter gedruk en JJ Bezuidenhout het al vier drieë verdoel. Die o/21s het met ‘n telling van 28-20 gewen.

Sake het egter nie so goed vir Nigel se tweedes verloop nie en hulle het die knie met ‘n telling van 15-24 gebuig. Willem Labuschagne en Frans Williams het elk ‘n beurt agter die pale gekry en Willem het sy eie drie verdoel.

Die eerstes se wedstryd was ‘n vertoonvenster vir Nigel Rugbyklub. ‘n Skittervertoning met samespel tussen die voor- en agterspelers, het toeskouers op hul voete gehad. Die puntemakers was Reon Bezuidenhout, Mandla Mosidiki, Willem Labuschagne en Werner le Roux.

Adriaan Haasbroek het drie drieë verdoel en ‘n strafskop by die telling gevoeg. Hoewel dié naelbyt wedstryd tot aan die einde in die weegskaal was, het Nigel se manne kop gehou en met toepassing van streng dissipline ‘n wentelling van 29-25 verseker.

IMG_5852 (Custom)

Die volgende tuiswedstryd word op 1 Augustus by John Vorster Stadion aangebied. Vir meer inligting, skakel Louis Bezuidenhout by 082 335 0853.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button