Local sportSport

Tweejarige van Nigel durf 94.7 Kiddies Ride aan

NIGEL - Kian du Plessis (19 maande oud), het op 7 November sy eerste 94.7 Kiddies Ride aangepak.

Sy ouers Casper (Cassie) en Magda is lid van Nigel Route 42 Cycle Club en het hom skaars uit die doeke aan dié sport bekendgestel.

Die 94.7 Kiddies Ride is by Riversands Estate in Fourways aangebied en Kian het volgens sy ouers eers ‘n slag buite rondgehardloop om sy bene op te warm, voor hy die tog van 1.5km op sy fiets aangepak het.

Kian (deel van Die Voëltjies-groep), was een van bykans 2 000 kinders wat aan die fietswedren deelgeneem het. Kort na die eerste sirkel het die eindstreep opgeduik en daar was geen keer aan Kian se bene nie. Oor die wenstreep het elke deelnemer ‘n medalje gekry.

“Oppad huis toe het Kian sommer medalje in die hand aan die slap geraak,” het pa Cassie trots vertel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button