Sport

Oorwinning vir Nigel rugbymanne

Nigel Rugbyklub se eerste- en tweedespanne het hul wedstryde die afgelope naweek op tuisveld gewen.

Die tweedespan het Benoni met ‘n telling van 55-10 geklop, terwyl die eerstespan Benoni met ‘n telling van 65-0 vermorsel het.
Tweedespanspelers Khomotso Matuiele, Adriaan Cilliers, Ferdie Snyman, Olivethu Vuyo, George Fritz, Morné Viljoen, Chris van der Merwe, Dawie Strauss en Thobani Kiva het elk ‘n beurt agter die pale gekry. Strauss het vyf drieë verdoel.

Die eerstespan se puntemakers was Jaco le Roux, Johan (Boeta) Kruger, Jacques Brits, Jarico van Niekerk, Schalk O’Callaghan (3), Duan Tromp, Mathys Erasmus en Reon Bezuidenhout (2). Bezuidenhout het vyf drieë verdoel.

Die volgende wedstryd vind op 21 Julie by Sasolburg Rugbyklub plaas.

 

Volg ons:

Facebook

Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button