Plaaslike liggaamsbouer Ralie Kapp (27) is op 1 September tydens die Physical Culture Bodybuilding Show by Kaleideo in Kempton Park vir die wêreldspan gekies wat Suid-Afrika op 28 Oktober in Birmingham, Engeland gaan verteenwoordig.
Ralie het uit honderde deelnemers ‘n algehele sesdeplek in die ‘toned bikini under 163cm’ afdeling van die nasionale kompetisie losgeslaan en sê dit was een van die moeilikste kompetisies waaraan sy nog deelgeneem het.
‘n Jarelange droom is bewaarheid toe haar naam as deel van die wêreldspan uitgelees is en Ralie sê dat sy die groen en goud met trots in Engeland sal dra.
“By God is niks onmoontlik nie. My harde werk en toewyding aan die sport is uiteindelik beloon,” het sy gesê.
Volg ons op:



