Heidelberg stoeiers oes verskeie medaljes in
Drie stoeiers kwalifiseer ook om hierdie naweek aan SAs deel te neem.

Agt stoeiers van Heidelberg Stoeiklub het ses goue- en twee silwer medaljes op 14 September tydens ‘n stoeikampioenskap in Brakpan ingepalm.
Die lede is Lodhan Venter (goud), Charlotte Botes (goud), Sean Jansen (goud), Sharelle Taylor (goud), Shadel Venter (goud), Sharize Taylor (silwer), Rassie Hanekom (goud) en Anthony Botes (silwer).
Lodhan, Charlotte en Sean het gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Jeug Stoei Opekampioenskappe deel te neem wat hierdie naweek in Pretoria gehou word.
Heidelberg Stoeiklub oefen Dinsdae en Donderdae by die Suid-Afrikaanse Leƫrgimnasium in Louwstraat. Vir meer besonderhede kan Chantal by 084 619 9527 geskakel word.



