Local sportSport

Gesiggestremdheid keer Erasmus nie

Deoné Erasmus 'n visuele gestremde lyndanser van Nigel, het vanjaar tydens die nasionale lyndans kampioenskappe in Kaapstad, vir deelname aan die internasionale wêreldlyndans-kampioenskappe gekwalifiseer.

Sy hoop om haar danspassie in Julie 2020 in Engeland tussen honderde deelnemers van ander lande uit te leef en hopenlik met die titel as die wêreld se beste lyndanser terug te keer.

“Baie mense, eintlik die meeste mense merk nie eers op dat ek ‘n ooggebrek het wanneer hulle my ontmoet nie. Van buite vertoon my oë normaal en gevolglik lyk ek nie blind nie,” het sy verduidelik.

Erasmus is op die ouderdom van 13 jaar met Makulêre degenerasie gediagnoseer en het deesdae ongeveer 10% visie in albei oë.

Ondanks haar gesiggestremdheid, was sy nog altyd sportief en glo sy het haar liefde vir sport aan haar kinders oorgedra. Sy het haar twee dogters jare gelede by ‘n plaaslike dansskool ingeskryf en dit is waar haar liefde vir dans ook ontwikkel het.

“‘n Paar jaar later het ek aan lyndans kompetisies begin deelneem en telkens met goue medaljes en trofeë weggestap,” het sy gesê terwyl sy haar rits toekennings en medaljes beskeie uitgewys het. Saam met drie van haar kinders het sy ook aan verskeie duo-lyndanskompetisies deelgeneem en verskeie titels ingepalm.

Erasmus droom daarvan om haar vernuf volgende jaar by die wêreldkampioenskappe ten toon te stel, maar sy is bekommerd dat ‘n gebrek aan fondse dit kan belemmer. Die kostes verbonde beloop R30 000 wat reis en verblyfkoste insluit, maar dit is ‘n bedrag wat Erasmus nie met haar eie inkomste kan aanvul nie.‘n Skoolvriend het voorgestel dat sy die Nigel se gemeenskap om hulp in dié verband nader en daarom het sy onlangs aan die idee van ‘n fondsinsamelingsprojek begin werk. Enige persoon wat Erasmus finansieel kan bystaan, kan haar by 084 800 6054 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Magda Maritz

News editor and journalist for HERAUT newspaper. 'Read what you like and like what you read' is my motto.

Related Articles

Back to top button