Sport

Heidelberg Krieketklub in afwagting

Heidelberg Krieketklub het die afgelope nege maande geen krieket weens die pandemie gespeel nie.

Die liga sou op 8 Januarie hervat word, maar met die tweede vlaag van Covid-19 en die vlak drie inperking regulasies het Krieket Suid-Afrika besluit dat daar geen amateur krieket sal wees nie en dat daar moontlik gekyk kan word om wedstryde en oefeninge in Februarie te hervat.

Daar word ook na ’n velengde seisoen tot in Mei 2021 gekyk. Op die stadium word slegs een-teen-een oefeninge gedoen en hoop die klub om met oefeninge te begin sodra die groen lig daarvoor gegee word.

Johan Wessels, Heidelberg se eerstespan kaptein, se Krieket Akademie is egter volstoom aan die gang en hy en sy span afrigters sorg dat jong en ou krieketspelers se krieket tegnieke nie verlore gaan nie.

Belangstellendes kan hom by 071 898 0475 kontak.

Die klub wag ook vir die munisipaliteit vir terugvoering oor die herbou van die klubhuis en ablusiegeriewe nadat dit in ’n brand in Augustus vernietig is.

“Ons hoop dat in die nabye toekoms sal die klub weer die krag wees wat hy was voor die pandemie,” het Bernard Raubenheimer, klub sekretaris, gesê.

Vir meer inligting kan Berrnard by 083 489 8231 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button