Sport

Junior krieket is goed op dreef

Daar word elke Vrydag om 16:00 op die Unieveld geoefen.

Heidelberg Krieketklub se junior krieketseisoen is volstoom aan die gang.

Alle o-11 en o-13 krieketspelers in Heidelberg en die omgewing word uitgenooi om in te skakel en oefensessies by te woon.

Daar word elke Vrydag om 16:00 op die Unieveld geoefen.

Wedstryde word op Saterdae, tuis asook teen ander klubs in Gauteng, gespeel.

Spelers van Heidelberg en die omgewing word uitgenooi om by die klub aan te sluit.

Bekwame afrigting word aan die junior spelers in die krieketnette asook op die veld gegee.

“Klubkrieket bied jong spelers die kans om meer te oefen, meer wedstryde te speel en ’n passie vir krieket te ontwikkel. Wanneer die skole krieketseisoen begin, is die klubspelers klaar gereed vir die eerste aflewering,” het ’n woordvoerder vir klub gesê.

Die volgende wedstryde word nog vanjaar gespeel:

O-11

• 13 November: Heidelberg teen Old Parks te Old Parks-velde.

• 27 November: Heidelberg teen Khosa te staan te Khosa Klub-velde.

O-13

• 13 November: Heidelberg teen Kagiso te Heidelberg-velde.

• 27 November: Heidelberg teen Old Parks te Old Parks-velde.

Belangstellendes kan die junior klubkaptein, Kudu Rossouw, by 060 958 8960 of die klubvoorsitter, Johan Wentzel, by 082 829 1318 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button