Met die verskeie ligas wat afgeskop het, het Heidelberg se eerste rugbyspan op 23 April met Vanderbijlpark op Volkskool se velde kragte gemeet.
Die eindtelling was Heidelberg 29 – Vanderbijlpark 14.
Die deurslag was verseker Heidelberg se verdediging toe Vanderbijlpark op hulle doellyn geboer het.
Daar was altesaam vyf drieë en twee vervyfskoppe aan Heidelberg se kant en twee drieë wat beide verdoel was by Vanderbijlpark.
In die wedstryd was daar altesaam 20 skrums, 21 lynstane, 23 strafskoppe en sewe vryskoppe gewees.
Daar was ook twee geelkaarte in die wedstryd gewees. Elke span moes vir ’n tydperk met 14 manne op die veld klaar kom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



