Sport

Nigel voer die botoon teen Kempton Wolwe

Nigel te sterk vir Kempton.

Nigel het op 23 April teen Kempton Park se Wolwe te staan gekom op Kempton Park se velde.

Nigel se eerste span het ’n klipharde wedstryd 45-33 gewen.

Drieë wat aangeteken was, was deur Pierre Labuschgane (2), Khomotso Mokwele, Junaide Seedat, John Holmner en Juandre van Dyk gemaak. Seedat het verder drie drieë verdoel en drie strafskoppe oorgeskop. Die speler van die wedstryd was Robert Botes.

Nigel se tweede span het met 48-31 as oorwinnaars van die veld afgestap.

Drieë vir Nigel is aangeteken deur Ricardo Labuschagne, Simba Jange (2), Ruan Nell, Theunis Fourie, Ettiene Booyse en Louis Barnard. Nell het vyf drieë verdoel en een strafskop oorgeskop. Die speler van die wedstryd was Ricardo Labuschagne.

Related Articles

Back to top button