Sport

Berge veels te sterk vir Katlehong

Berge druk sewe drieë teen Katlehong se twee.

Heidelberg Rugbyklub het op 7 Mei teen Katlehong op Hoër Volkskool se rugbyvelde kragte gemeet.

Berge het die wedstryd 41–14 gewen. Die Berge se skrum en lynstaanspel was net te sterk vir Katlehong.

In die eerste helfte het Katlehong hulle goed van hulle taak gekwyt en het vir ‘n groot deel van die eerste helfte voor geloop, nadat albei spanne elk een drie gedruk het. Soos die helfte aangaan het Heidelberg die botoon begin voer en twee verdere drieë gedruk.

Roaan Viljoen skop af in die wedstryd teen Katlehong.

Berge het in die eerste helfte drie drieë gedruk en een vervyfskop oorgeklits. Katlehong het een drie gedruk wat ook vervyf was.

Halftyd was die telling 17-7 in Heidelberg se guns.

On die tweede helfde het Heidelberg ‘n verdere vier drieë gedruk en twee drieë vervyf.

Katlehong het op een stadium op Berge se doellyn geboer en deur ongeoorloofde spel was ‘n strafdrie aan hulle toegeken.

Lynstaanspel deur Heidelberg het die botton gevoer.

Daar was een geelkaart in die 19de minuut van die eerste helfte waar Heidelberg op een stadium met 14 manne moes klaarkom.

Heidelberg is besig om te wys dat hulle met elke wedstryd verbeter en dat hulle ‘n groot sê in die Kestrel Liga gaan geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button