Sport

Sewes toernooi lewer aanskoulike rugby

Monument tree as algemene oorwinnaars uit die sewes stryd uit.

Hoër Volkskool het die naweek van 2 en 3 September gasheer gespeel vir ‘n Sewes Rugbytoernooi vir o15 en o17 spanne.

Die o15-toernooi het op 2 September afgeskop.

Die deelnemende spanne was Alberton, Brandwag, Dinamika, Hugenote, Helpmekaar, Kempton Park, Marais Viljoen, Montana, Monument, Noordheuwel, Oosterlig en Volkskool.

Na verskeie wedstryde in die verskillende rondtes het die finale kragmetings plaasgevind.

Die algehele wenners was Monument Hoërskool wat Noordheuwel in die beker finaal geklop het.

Volkskool se o15 span het in die plaat finaal teen Hoërskool Kempton Park te staan gekom en ongelukkig moes Volkskool die knie buig. Die eindtelling was 14-10.

Saterdag 3 September het die o17 spanne hulle beurt gehad.

Die deelnemende spanne was Alberton, Brandwag, Dinamika, Helpmekaar, Hugenote, Kempton Park, Lebone Kollege, Marais Viljoen, Montana, Monument, Noordheuwel, Oosterlig, Pionier, Rob Ferreira en Volkskool.

Monument Hoërskool het met uithalerspel as die wenners van die toernooi weggestap waar hulle Helpmekaar Kollege in die beker-finaal geklop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button