Sport

Heidelberg krieketspan stapel die lopies op

Heidelberg behaal 'n sege oor NWU.

Heidelberg Krieketklub het op 2 Oktober teen NWU Vaal Universiteit in ‘n T20 krieket wedstryd te staan gekom in die Black Widow T20 Primier B.

Die wedstryd was op Heidelberg se krieketveld beslis.

Heidelberg het eerste gekolf en het in sy 20 boulbeurte 215 lopies vir die verlies van twee paaltjies aangeteken.
NWU Vaal het by tye gesukkel met die kolf en was almal uit in die 18de boulbeurt vir 181 lopies.

Die beste kolftellings vir Heidelberg was aangeteken deur Ruben Jansen van Vuuren 59 (10 viere) en Dwayne Rossouw 150 (15 viere en 11 sesse) en die beste boulontleding deur Andro Vorster 4/27 in vier boulbeurte, Ruben Jansen van Vuuren 2/34 in vier boulbeurte en Dinecho Visser 2/50 in vier boulbeurte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button