Heidelberg krieketspan val vas teen Marks Park
Heidelberg kon nie daarin slaag om die lopies te laat vloei nie.
Op15 Oktober het Heidelberg Krieketklub Johannesburg toe gereis om teen Marks Park Thistles in die Black Widow T20 wedstryd te speel.
Heidelberg het eerste gekolf en die lopies het nie vinnig gevloei nie. Hulle het 137 lopies vir agt paaltjies in hul 20 boulberte aangeteken.
In antwoord het Marks Park Thistles maklik die teiken behaal en het in die 18de boulbeurt die teiken verbygesteek. Marks Park se telling was 138 vir die verlies van een paaltjie.
Die beste kolwers vir Heidelberg was SW Kemp 42 van 31 balle (4×4, 1×6), Charl Penning 17 van 14 balle (2×4), Dinecho Visser 16 van 22 balle en Dave Pelser 15 van 13 balle (1×4, 1×6).
Die beste bouler was SW Kemp met een paaltjie vir 16 lopies in vier boulbeurte.



