Sport
Volkie rugbyspelers baat by toer
Verskeie skole wat sterk staan in rugby het aan die rugby week deelgeneem.
Rugbyspelers van Hoër Volkskool het tydens die Paasvakansie aan die rugbyweek van die Hoërskool Glenwood, KwaZulu-Natal deelgeneem.
Die rugbyweek, waaraan verskeie skole deelgeneem het, het vanaf 31 Maart tot 6 April plaasgevind.
Van die uitslae wat uitgestaan het is:
Eerste span: Volkskool 26 – Montana 17, Volkskool 53 – St George (Zimbabwe) 7.
o16: Volkskool 51 – Rustenburg o15B 0.
o15: Volkskool 26 – Glenwood 26.
Al die ouderdomsgroep spanne het teruggekeer met waardevolle ondervinding wat toegepas kan word in hulle komende wedstryde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



