Sport

Nigel bobaas teen Elsburg

Nigel is steeds onoorwonne in 2023

Nigel Rugbyklub het op 6 Mei in die Merlin Liga teen Elsburg op die John Vorster Stadion in Nigel te staan gekom.

Nigel se eerste span het hulle kragmeting maklik met 48-5 gewen.

Nigel se punte is as volg aangeteken:

Drieë: Thunis Fourie (2), Khomotso Mokwele (1), Martin Du Plessis (1), Juandre van Dyk (1), Jarico van Niekerk (1), Wimpie Raman (1) en Junaide Seedat (1). Doelskoppe: Junaide Seedat (2) en Nico Colyn (2).

Speler van die wedstryd: Nico Colyn

Nigel se tweede span het in hulle beurt het Elsburg se tweedes 33 – 8 afgeransel.

Die tweede span se puntemakers was: Drieë: Hendri Venter (2), PJ de Beer (1), Ruan Nell (1) en Pheko Mmola (1). Doelskoppe: Simphiwe Jange (4).

Speler van die wedstryd: Ruan Nell.

Junaide Seedat skop pale toe.
Thunis Fourie hardloop met die bal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button