SportSport

Volkskool leerders presteer buitemuurs

Volkskool se senior meisies landloopspan het derde in die Sedibeng landloopliga geëindig.

Die Hoër Volkskool het verskeie leerders wat die afgelope tyd op buitemuurse vlak presteer het.

Op die karatemat is Matthew Wentzel, Reinardt Steenekamp en Amanda van Wyk gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Indo-Pacific Kampioenskappe in Mauritius.

Drie krieketspelers is opgeneem in Sedibeng krieketspanne.

Matthew Wentzel is gekies vir die Sedibeng o18-span en Maro Hartkopf en Dave Pelzer vir die Sedibeng o16-span.

Tesisha van Heerden het drie goue medaljes by die Show Your Talent kompetisie verower.

Van Heerden is ook aangewys as beste ballet optrede en het haar provinsiale kleure daarin ontvang.

Volkskool se senior meisie landloopspan het derde in die Sedibeng landloopliga geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button