Sport

Volkskool atlete bring hul kant by interhoër

Pieter Greyling en Martin Joubert het goeie prestasies behaal.

Hoër Volkskool het goed gevaar tydens die interhoër byeenkoms wat by die Hoërskool Middelburg gehou is.

Die skool se span het algeheel vierde geëindig met die dogters in die derde plek en die seuns in die sesde plek.
Die Volkie atlete het 21 goue medaljes, 22 silwer en 12 brons medaljes huis toe gebring.

Goue Medaljes:

Dogters:

o19: Lune Wepener (100m, 200m en 400m), Katelynn van Wyk (800m en 1 500m), Inge Boshoff (verspring en driesprong), aflos. o16: Mieke Nienaber (100m en 200m), Emma Barnard (400m en verspring), aflos.

o14: Alicia Appel (spiesgooi), Leyna Strassburg (300m hekkies), Madison Webb (hoogspring).

Seuns:

o19: Martin Joubert (100m), Huib Sprong (800m).

o17: Jeandré Pretoruis (400m hekkies), Pieter Greyling (100m en 200m).

Silwer Medaljes:

Dogters:

o19: Willdene Smith (200m), Katelynn van Wyk (3 000m), Karin Venter (100m hekkies), Jane Wepener (400m hekkies).

o17: Lihandi Venter (diskus).

o16: Emma Barnard (200m).

o15: Dane Marais (gewigstoot), Laché Collen (hoogspring), aflos.

o14: Leyana Strassburg (90m hekkies).

Seuns:

o19: Martin Joubert (200m), Zandré Smook (1500m), Calvin Sweeny (diskus).

o16: Jerado Tafel (100m, 200m en verspring), aflos.

o15: Tristan van Wyk (1 500m), Leon Liebenberg (100m hekkies), Khitika Blessing (hoogspring), Rihard Botha (100m en 400m).

Brons Medaljes:

Dogters:

o17: Willdene Smith (100m).

o16: Emma Barnard (100m), Jua Rautenbach (400m hekkies).

o15: Hlefang Ramaili (verspring), Dane Marais (diskus), Kayleigh van Wyk (diskus).

Seuns:

o19: Dean Last (gewigstoot).

o17: Sechiel Vinchanzo (verspring), Henru Coetzer (gewigstoot).

o15: Rihard Botha (200m), Evan Smuts (3 000m), aflos.

Twee Volkskool atlete Pieter Greyling o17 en Martin Joubert o19 spog tans met van die vinnigste tye in hul onderskeie 100m items in die wêreld.

Greyling, o17, het ‘n seisoen beste van 10.76 in die 100m wat een van die wêreld beste tye van die seisoen is vir sy ouderdomsgroep. Daar is net ‘n paar atlete in die wêreld wie tans ‘n vinniger tyd behaal het.

Pieter Greyling.

Joubert, o19, se beste tyd in die 100m die seisoen is 10.57. Dit is tans onder die top drie beste tye in die wêreld vir sy ouderdomsgroep.

Martin Joubert.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button