Sport

Die balle is aan die rol in die Besigheidsliga

Skuiwe onder die top vier spanne het plaasgevind.

Die Rolbal Besigheidliga by die Heidelberg Rolbalklub is goed op dreef en die spanne is besig om mekaar goed op te dreun.

Goeie gehalte spel is aan die orde van die dag, deur spelers waarvan baie vir die eerste keer met die spel kennis maak.

Na die eerste week was Auto City Mahindra, MMG Ford 1, Stage Zero, EHS Industries en Freestock 1 die top vier spanne.

Spelers neem die spel ernstig op maar sorg ook vir ‘n lekker gees.

Na die tweede week sien die top vier spanne ietwat anders daarna uit. AutoCity Mahindra is op 12 punte, CA Financial en Freestock 1 staan op 11 punte en EHS Industries het 10.

Die top toucher is Auto City Nissan Nigel, Big Digs, Jumangi Construction en MMG Ford 2.

Die stryd vir die geesbeker is ook hoog op die agenda en die spanne maak seker dat die gees hoog loop.

Daar is nog een week van kompetisie oor voordat die wenners van die besigheidsliga gekroon word.

Besigheidliga spelers maak reg die die tweede ronde van die kompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button