SportSport

Hoër Volkskool krieketspanne maak hul merk in Tzaneen en Potchefstroom

Volkskool se eerstes en o15-spanne het albei hul wedstryde gewen tydens hul onderskeie toere.

Volkie se krieketspanne het verskeie toere gedurende die Julie-skoolvakansie aangepak en uitstekende resultate behaal.

Hoër Volkskool se o15-span het na Tzaneen getoer waar hulle ‘n indrukwekkende vertoning gelewer het.

Die span het Bastion met vyf paaltjies geklop en Hoërskool Garsfontein se o15B-span met nege paaltjies verslaan.

Uitblinkers tydens dié toer sluit in:

Marlo Schoeman (58 lopies teen Waterkloof B, vier paaltjies vir 38 lopies teen Garsfontein o14A, en 82 nie uit nie teen Garsfontein B). Hy is ook aangewys as speler van die week.

PW van Heerden (vyf paaltjies vir 46 teen Garsfontein o15B)

Wian Greyvenstein (74 lopies teen Garsfontein o15B)

Kehan Baird (60 lopies nie uit nie teen Garsfontein B).

Volkskool se eerste span het intussen na Potchefstroom getoer en ook ‘n wenreeks behaal. Die span het die Noordwes-uitnodigingspan met 46 lopies (T20), Hoërskool Klerksdorp met ses paaltjies (T20), en die Noordwes Hub-span met 18 lopies geklop.

Volkskool se eerste krieletspan wat na Potchefstroom getoer het.

Spelers wat tydens dié toer uitgeblink het, sluit in:

Vaughn Steynvaart (87 lopies nie uit nie teen Hoërskool Klerksdorp)

Maro Hartkopf (55 lopies teen die Noordwes-uitnodigingspan)

Dave Pelzer (62 lopies teen Wes-Valia)

Marco Botha (85 lopies teen Potchefstroom Gimnasium)

Jaron Erasmus (4/21 teen die Noordwes Hub-span).

Die suksesvolle toere bevestig Volkskool se standvastigheid op die krieketveld en voorspel ‘n belowende seisoen vir albei spanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button