Jong vegter hou Heidelberg se naam hoog in internasionale MMA
Op 15 jaar het Arno Carstens van Heidelberg reeds aan vier agtereenvolgende IMMAF Jeugwêreldkampioenskappe deelgeneem en ’n bronsmedalje vir Afrika in Namibië gewen.
Arno Carstens, ’n jong MMA-vegter van Heidelberg, het geskiedenis gemaak deur as die mees ervare jeug-MMA-vegter in die land bekend te staan.
Op 15-jarige ouderdom het Arno sedert 2022 aan vier agtereenvolgende IMMAF Jeugwêreldkampioenskappe deelgeneem, ’n prestasie wat nog geen ander Suid-Afrikaanse jeugvegter in sy ouderdomsgroep kon ewenaar nie.
In 2024 het Arno ook die land se naam hoog gehou toe hy ’n bronsmedalje verower het tydens die IMMAF-Afrika-kampioenskappe in Windhoek, Namibië.

Sy rekord van internasionale en kontinentale deelname bevestig hom as die mees ervare jeug-MMA-vegter in Suid-Afrika.
Met sy toewyding, vasberadenheid en liefde vir die sport is Arno ’n groot inspirasie vir jong vegters regoor die land.

Benewens MMA neem hy ook deel aan skopboks.
Daar is sprake dat Arno aan die einde van Oktober as ’n skopbokser deur die toue sal klim, en in November sal hy weer sy MMA-mantel aantrek.



