Sport

Opedag bemark stoei en lewensvaardighede in Heidelberg

Die klub, met tans 22 aktiewe stoeiers, het reeds met talle medaljes in verskeie toernooie huistoe gekeer. Hulle nooi nuwelinge van Nigel, Springs en omliggende gebiede om aan te sluit.

Die Heidelberg Soldiers Stoeiklub het op 4 Oktober ‘n opedag by Laerskool AG Visser aangebied.

Die klub is besig om te wys waartoe hulle in staat is en het met verskeie medaljes huiswaarts gekeer ná deelname aan verskeie toernooie.

Tans bestaan die klub uit 22 stoeiers.

 Verskeie demonstrasies is aan die besoekers getoon.

“Die meeste stoeiers wat ons tans het, is hier as gevolg van iemand wat hulle daarvan vertel het. Ons wil nog die woord in Nigel, Springs en nabygeleë gebiede versprei,” het Dewald de Wet, stoeiafrigter, gesê.

Johan Oosthuizen het die besoekers verwelkom.

Tydens die opedag is aan die gemeenskap gewys wat oefensessies behels, wat op die stoeimat gedoen word, en dat die stoeigemeenskap in Heidelberg soos een groot familie is.

Indien iemand meer wil weet of by die stoeiklub wil aansluit, kontak De Wet by 071 466 3397.

Stoeiers en besoekers tydens die opedag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button