Sport

Prestasies stapel op vir Volkskool se jong sportsterre

Tydens die Oktoberskoolvakansie het drie van Laer Volkskool se talentvolle leerders bewys dat harde werk en toewyding vrugte afwerp.

Die leerders van die Laer Volkskool het gedurende die onlangse Oktoberskoolvakansie gewys wat in hulle steek.

Fietsry:

Lua Diedericks (10) het onlangs aan die BMX SA-kampioenskappe in Kempton Park deelgeneem.

Lua Diedericks.

Alhoewel sy jonger is, het sy in die ouderdomsgroep11 tot 13 jaar meegeding en ’n derde plek behaal.

Lua berei haar nou voor om in November aan die Pump-track-kampioenskappe deel te neem.

Rowan Bolton het tydens die vakansie aan die SA-fietsrykampioenskappe deelgeneem.

Rowan Bolton.

Hy het eers vir Laer Volkskool meegeding en ’n negende plek behaal, terwyl die skool 22ste uit 97 skole geëindig het.

Daarna het Rowan as deel van die Gauteng-span deelgeneem en algeheel 12de geëindig.

Landloop:

Christiaan Lewis het aan die SA Skolelandloopkampioenskappe by Witrivier deelgeneem.

Hy het in die o.12-afdeling van die 3km-wedloop ’n derde plek behaal.

Christiaan was ook deel van die Gauteng-landloopspan, wat ’n goue medalje verower het nadat hulle behoorlik stof in die ander provinsies se oë gehardloop het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button