Sport

Vakansie was vol oorwinnings vir Volkskool leerders

Hoër Volkskool leerders het die vakansie nie ledig deurgebring nie en op die sportvelde en verhoog uitmuntend presteer.

Hoër Volkskool-leerders het hul vakansie goed benut en puik resultate behaal met hul deelname aan verskeie aktiwiteite.

Netbal:

Chanlé Marais het aan die jaarlikse Bokkieweek in Naboomspruit deelgeneem en is tot die AVS-Netbalbokkiespan verkies. Die span gaan Thailand besoek waar hulle Suid-Afrika sal verteenwoordig.

Chanlé Marais.

Hokkie:

Op die hokkieveld het Alisha en Shane Muller-van der Walt deelgeneem aan die EPL- en JHL-hokkieligas.

Die o18 hokkiespan.

Alisha se o18 span het die EPL en JHL gewen en goud verwerf terwyl Shane se o16 span in die vierde plek geëindig het.

Alisha het ook vir die Kiewietvereeniging-hokkieklub gespeel waar hulle die liga gewen het. Sy het gedurende die skoolvakansie Bokkieweek-Somerweek woemahokkie sewes gespeel en Shane gaan vir die Rhinos-Somerweek sewes-hokkie speel.

Krieket:

Christo Dietrechsen was gekies vir die LPL-Jozi Warriors-krieketspan.

Christo Dietrechsen.

Akrobatiese danse:

Nicala Terblanche het by die Suid-Afrikaanse Akrobatiese Kampioenskappe ‘n vyfde plek in dynamic en sesde in balance verower.

Nicala Terblanche.

Sy het aan die vlak-9-afdeling deelgeneem.

Uitvoerende kunste:

Chanté Krugel het tydens die vakansie deelgeneem het aan die South African Champions of Performing Arts, waar sy die volgende behaal het: dramaties – goud, klassiek – brons, komies – brons, ope – silwer, Engelse Broadway – silwer, comical – silwer en groepe – vier silwer.

Chanté Krugel.

Rugby:

Volkskool se senior rugbyspan het na Ierland getoer, waar hulle uitstekende rugby gespeel het.

Volkskool en Arklow Rugby Club tydens hulle toer na Ierland.

Volkskool het teen Arklow Rugby Club te staan gekom en 74–5 gewen.

In nog ’n wedstryd het hulle Portlaoise Rugby Club 64–7 gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button