Sport

Heidelberg Soldiers stoeier verower brons by nasionale toernooi

Heidelberg Soldiers-stoeier Wessel Oosthuizen het onlangs sy talent ten toon gestel by die Suid-Afrikaanse Nasionale Stoeitoernooi en met ’n bronsmedalje huis toe gekom.

Heidelberg Soldiers stoeier, Wessel Oosthuizen, het onlangs in sy gewigklas aan die Suid-Afrikaanse Stoei Nasionale Toernooi deelgeneem. Wessel het met puik uitslae gewys wat in hom steek en die bronsmedalje verower.

Daardeur het hy ook sy Sedibeng-kleure verwerf.

Wessel Oosthuizen.

“Dis baie spesiaal. Hy was so opgewonde; hy spring soos ’n bok rond van blydskap. Wessel het hard gewerk en werklik gewys wat in hom steek,” het Dewald de Wet, afrigter van Heidelberg Soldiers Stoeiklub gesê.

Die volgende stoeitoernooie begin weer in 2026.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button