Sport

Nigel Rugbyklub sluit die jaar af

Spelers, afrigters en toeskouers is beloon vir hul toewying gedurende die jaar.

Die jaarlikse prysuitdeling van die Nigel Rugbyklub is op 25 Oktober gehou, waartydens die eerstespanafrigter Alan Chapman die verrigtinge afgeskop het met ’n oorsig van die jaar se bedrywighede.

Diago George (Agterspeler van die jaar) en Deon Myburgh, wat die tweede span afrigter is.

Die afgelope seisoen het met sy hoogtepunte sowel as uitdagings gekom, maar deur alles het daar waardevolle leerervaringe vir spelers en afrigters gebly.

Johan Zondach, Alan Chapman en Gideon Fick (eerste span afrigters) saam met Sebastian Sekoto (Junior speler van die jaar).

Gedurende die jaar het die rugbyklub met trots drie trofees verower – die Derby-trofee teen Heidelberg, wat nou jaarliks gespeel gaan word, die Presidentbeker (‘bowl’) en die Merlinbeker.

Deon Myburgh, tweede span afrigter en Nicky Glad (Voorspeler van die jaar).

Die spelers wat uitgestaan het deur die jaar en vereer is:

Spanbestuurder van die jaar: Piet Cilliers.

Bestuurslid van die jaar: Frans Peens.

Bestuur se speler van die jaar: Odwa Gcobo.

Afrigter van die jaar: Alan Chapman.

Klubman van die jaar: Wesley Ballies.

Mees opwindende speler van die jaar: Minenhle Siwela.

Toeskouer van die jaar: Johan Fourie.

Voorsittersbeker: Anita Cilliers, Joni Peens, Ivette du Toit en Marlene Myburgh.

Deon Myburgh, tweede span afrigter en Lian Pelzer (Speler van die jaar).

Tweedespan:

Voorspeler van die jaar: Nicky Glad.

Agterspeler van die jaar: Diago George.

Meeste drieë: Diago George en Sonwabise Kama

Meeste punte: Luther Baadjies.

Mees toegewydste speler: Julian Myburgh.

Opkomende speler van die jaar: Monezisi Jamani.

Speler se speler van die jaar: Monezisi Jamani.

Speler van die jaar: Lian Pelzer.

Louis Bezuidenhout, Nigel Rugbyklub se voorsitter) en Alan Chapman (Afrigter van die jaar).

Eerstespan:

Voorspeler van die jaar: Pieter Grobler.

Agterspeler van die jaar: Francis Muyambo.

Meeste drieë: Jopa Mulomba.

Meeste punte: Sebastian Sekoto.

Mees toegewydste speler: Simpiwe Jange.

Opkomende speler van die jaar: Austin Hlatswayo.

Speler se speler van die jaar: Pieter Grobler.

Speler van die jaar: Lwazi Lenton Jamani.

Junior speler van die jaar: Sebastian Sekoto.

Senior speler van die jaar: Lwazi Lenton Jamani.

Louis Bezuidenhout, Nigel Rugbyklub se voorsitter) en Wesley Ballies (Klubman van die jaar).

Nigel het ook agt spelers en twee afrigters in die Valke Plattelandsespan gehad:

Spelers: Wandre Storm, Craig Scott, Minenhle Siwela, Jopa Mulomba, Simpiwe Jange, Ollie Mtyali, Odwa Gcoboe en Siyanda Mathenjwa.

Afrigters: Gideon Fick en Johan Zondach.

Louis Bezuidenhout, Nigel Rugbyklub se voorsitter en Piet Cilliers (Spanbestuurder van die jaar).
Louis Bezuidenhout, Nigel Rugbyklub se voorsitter) en Frans Peens (Bestuurslid van die jaar).
Deon Myburgh, tweede span afrigter en Luther Baadjies (meeste punte).
Johan Zondach, Alan Chapman en Gideon Fick (eerste span afrigters) saam met Lwazi Lenton Jamani (Speler van die jaar).
Louis Bezuidenhout, Nigel Rugbyklub se voorsitter saam met Ivette du Toit, Joni Peens, Anita Cilliers en Marlene Myburgh wat die Voorsittersbeker ontvang het.
Johan Zondach, Alan Chapman en Gideon Fick (eerste span afrigters) en Sebatian Sekoto (meeste punte).
Deon Myburgh, tweede span afrigter en Monezisi Jamani (Opkomende speler en Speler se Speler van die jaar).
Johan Zondach, Alan Chapman en Gideon Fick (eerste span afrigters) saam met Lwazi Lenton Jamani (Senior speler van die jaar).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button