Sport

Volkie vaar goed tydens Tenshinkan Kampioenskappe

Die Volkie het met ’n goue medalje in kumite en ’n silwer in kata uitgeblink.

Claudio Jayden Naudé, ’n karateka van die Hoër Volkskool, het onlangs sy vaardigheid opnuut bewys.

Claudio het op 8 en 9 November aan die Tenshinkan Noord-Gautengse Kampioenskappe deelgeneem, waar hy uitstekende prestasies behaal het.

Tydens die strawwe kompetisie het hy sy deursettingsvermoë en tegniese vernuf ten toon gestel.

Claudio het ’n tweede plek in kata verower en met ’n eerste plek in kumite ’n goue medalje huis toe geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button