Heidelberg Rolbalklub verkies nuwe komitee by prysuitdeling
Die rolbalklub het hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling terselfdetyd gehou.
Die Heidelberg Rolbalklub het onlangs hul algemene jaarvergadering en prysuitdeling gehou, waartydens die nuwe komitee ook verkies is.

Die nuwe komitee is Elmarie Eygelaar (president), Herman van der Merwe (vise-president), Trevor van Zyl (sekretaris), Anri Schipper (tesourier), Tinus Jacobs (kroegbestuurder), Christelle Pringle (huishoudingsbestuurder), Werner Schipper (kompetitiesekretaris) en Liesl Jacobs (mediabestuurder).

Rosa Buys is as erelid geselekteer.
Spelers wat tydens die prysuitdeling toekennings ontvang het, is:
• Mike van Nierop en Christelle Pringle was die gemengde pare-wenners, met Hennie Kruger en Adele Kruger in die tweede plek.
• Die gemengde getrekte pare-wenners was Tinus Jacobs en Margaret Strauss, met Pieter Pieterse en Joanette van der Merwe in die tweede plek.
• Die vrouepare-wenners was Karin Hall en Elsie Rossouw, met Margaret Strauss en Joanette van der Merwe in die tweede plek.
• Die vrouegetrekte pare-wenners was Anri Schipper en Mari Boshoff in die eerste plek, en Liesl Jacobs en Margaret Strauss in die tweede plek.
• In die mans gekose pare was Pieter Pieterse en Herman van der Merwe eerste, met Tinus Jacobs en Werner Schipper in die tweede plek.
• Die mansgetrekte pare-wenners was Tinus Jacobs en Johann Strauss in die eerste plek, met Hansie Grobler en Trevor van Zyl tweede.
• Die Pro10-pare-wenners was Pieter Pieterse en Marietjie de Beer in die eerste plek, met Hennie en Adele Kruger tweede.
• In die 2-4-2-afdeling was Jaco van Niekerk en Johann Strauss eerste, met Karl en Margaret Strauss tweede.
• Die vrouevoordeel-afdeling is deur Marietjie de Beer gewen, met Anri Schipper in die tweede plek.
• Die mansvoordeel-afdeling is deur Jaco van Niekerk gewen, met Werner Schipper in die tweede plek.
• Die vroueveterane-wenner is Christelle Pringle, met Elmarie Eygelaar kort op haar hakke.
• Die mansveterane-wenner is Jaco van Niekerk, met Pieter Pieterse kort op sy hakke.
• Adele Kruger het die vrouenovice-afdeling gewen, gevolg deur Alet van Zyl.
• Joe van der Merwe het die mansnovice-afdeling gewen, gevolg deur Johann Strauss.
• Die vrou wat gedurende die seisoen die meeste verbeter het, is Elsie Rossouw, en die mees verbeterde man is Joe van der Merwe.
• In die vroue-ope was Margaret Strauss eerste, met Marietjie de Beer in die tweede plek.
• In die mans-ope was Herman van der Merwe eerste, met Mike van Nierop tweede.
• Die Victrix Ludorum is Margaret Strauss, en die Victor Ludorum is Tinus Jacobs.




