Tenshinkan studente van Nigel, Delmas op pad wêreldkampioenskappe toe
Die vier karate studente se toewyding het gelei daartoe dat die klein dorpies trots verteenwoordig word in Frankryk.
Vier van Tenshinkan Nigel en Delmas se karatestudente gaan die dorp met trots verteenwoordig by wêreldkampioenskappe wat van af 14 tot 18 Oktober in Frankryk plaasvind.
“Daar is minder as ‘n maand oor tot die ICO World Combat Martial Championships 2026 in Thonon Les Bains, Frankryk en ons sien baie daarna uit,” sê hoof afrigter Shihan-Dai Leon Gagiano.
Die vier neem in wapens, kata (tegniek) en kumite (geveg) deel, en is: Corban Davis, Julian Devenier, Amy Davis en Eden October.
“Ons is ongelooflik trots op die harde werk en toewyding van hierdie studente om ons, as ‘n klein dorpies in SA, in Frankryk te verteenwoordig en wens hulle sukses toe,” sê Gagiano.



