Balfour Hengelklub geniet suksesvolle naweek langs Vaaldam
Die Balfour Hengelklub het die naweek van 3 en 4 Oktober by Ardenza Vaaldam vis gevang vir hul maandelikse kompetisie.
Lede van die Balfour Hengelklub het die naweek van 3 en 4 Oktober aan ’n kompetisie by die Ardenza-oord aan die Vaaldam deelgeneem.
Op Saterdag het 24 lede altesaam 133 visse gevang, terwyl 23 lede op Sondag altesaam 83 visse ingehaal het. Die totale gewig van die visse wat oor die twee dae gevang is, was 139.69 kg.
Saterdag se senior wenners was Johan Dames in die eerste plek met 15 visse van 7.11 kg, Lukas Stoltz in die tweede plek met 12 visse van 7.45 kg en Anthony Muller in die derde plek met nege visse van 7.79 kg.

FOTO: Verskaf
Onder die vroue was Darell Roos eerste met agt visse van 5.1 kg, Ingrid Kriel tweede met ses visse van 4.29 kg en Sarita Stoltz derde met drie visse van 1.25 kg.
In die junior afdeling het Ludwig du Plessis die eerste plek behaal met vier visse van 2.4 kg, gevolg deur Jayden Nolte met vier visse van 1.64 kg in die tweede plek en Kallie Kriel met drie visse van 1.55 kg in die derde plek.
Saterdag se swaarste visse per spesie was ’n karp van 1.42 kg wat deur Luan Muller gevang is, ’n graskarp van 5.48 kg deur Koos Erasmus, ’n moddervis van 0.69 kg deur Jaco Nel, ’n baber van 3.15 kg deur Anthony Muller en ’n geelvis van 0.99 kg deur Roelof Claassen.

Sondag se senior wenners was Lukas Stoltz eerste met 10 visse van 5.23 kg, Dandre Pretorius tweede met nege visse van 4.69 kg en Christo du Plessis derde met vyf visse van 4.86 kg.
Darell Roos het weer die eerste plek onder die vroue behaal, dié keer met ses visse van 2.71 kg. Riette Dercksen was tweede met vier visse van 2.43 kg, gevolg deur Deidre Nel in die derde plek met drie visse van 1.17 kg.
Die junior wenners op Sondag was Kallie Kriel in die eerste plek met vier visse van 1.98 kg, Jayden Nolte tweede met twee visse van 2.07 kg en Ludwig du Plessis derde met twee visse van 0.84 kg.

FOTO: Verskaf
Sondag se swaarste karp, wat 1.6 kg geweeg het, is deur Dandre Pretorius gevang. Die swaarste graskarp is deur Lukas Stoltz gevang en het 0.23 kg geweeg.
Frikkie Nel het die swaarste moddervis van 0.38 kg gevang, terwyl Dandre Pretorius die swaarste baber van 0.36 kg en die swaarste geelvis van 0.65 kg gevang het.
Die volgende kompetisie vind op 7 November by die Kollegeplaas aan die Vaaldam plaas.

Belangstellendes kan Lukas Stoltz by 084 757 6058 of Bennie Kriel by 079 888 6052 kontak vir meer inligting of om by die klub aan te sluit.



