Twee vermeende inbrekers in Heidelberg Sentraal vasgetrek.

Twee loop hulle in Jordaanstraat vas.

‘n Verdagte is binne minute nadat hy en ‘n makker by ‘n huis in Jordaanstraat ingebreek het, in hegtenis geneem. Die tweede verdagte wat in die erf langsaan weggekruip het, is ongveer 40 minute later uit die erf sien kom, waarna die polisie weer ontbied is.

 

Die eerste verdagte is deur A/O Wollie Wolmarans en Sersant Vusumuzi Zondo, waar hy in die straat met die gesteelde goedere gehardloop het, aangekeer.

 

Dit het eers geblyk dat daar net een verdagte is, maar nadat polisie die perseel verlaat het, het die tweede verdagte die erf langsaan verlaat en is ook deur ‘n lid van die publiek gesien. Ongeveer 20 minute daarna is die tweede verdagte ook deur die polisielede aangekeer en gearresteer.

 

 

Volg ons op:

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button