Gilde hou jaarvergadering en dans

DIE Witwatersrandtak van die Boeremusiekgilde hou op 18 Julie sy jaarvergadering, waarna ‘n dans gehou sal word.

Dit vind plaas in die kerksaal van die NG Gemeente Bonaero Park, Malpensaweg 32.

Die vergadering begin om 2nm en die dans om 5nm. Kerrie-en-rys sal te koop wees. Bring jou eie verversings saam.

Top jeug- en senior orkeste sal die musiek verskaf.

Rig navrae aan Kobus by 072-292-5461.

Back to top button